Diens: Sondag, 9 Mei 2021

Rudi Nagel - 2nd May 2021

Heilige Gees Is Nie Net 'n Passasier

Julle Sal Krag Ontvang

Rudi Nagel is aan die woord. Heilige Gees is nie net 'n passasier nie!

Gee Met SnapScan

More From "Julle Sal Krag Ontvang"

Powered by Series Engine

Let Asseblief Op:

Ons hou weer dienste by Logos in die sentrum.
 

Met die toegewings wat gemaak is wat mense tydens byeenkomste aanbetref, is daar nou genoeg plek dat besprekings nie meer nodig is nie. So julle is welkom om net te kom! 

Ons Kinderbediening vind plaas in skoolkwartale, tydens ons diens. Daar is geen kinderbediening tydens vakansies en langnaweke nie. Alle kinders wat die Kinderbediening bywoon, kan Sondae-oggende inteken. Voorskoolse kinders, kan inteken by Sterreliggieland, en alle skoolgaande kinders by die Tent (Funksielokaal).

Onthou asseblief om jou masker saam te bring. Ons kan nie wag om julle te sien nie!

Ons ons gaan steeds voor met ons online dienste.
 
Ons hou aan bid vir jul veiligheid en gesondheid. Bly veilig! Mag die Heilige Gees elkeen van julle bemoedig met Sy teenwoordigheid en nabyheid.

Registreer vir ons elektroniese nuusbrief:

Wie Is Logos?

Ons is ‘n kerkfamilie van Jesus volgelinge. Ons passie is om te sien hoe Jesus aanbid word in ons stad en onder al die nasies op aarde. Ons gee ons lewens om dit te sien gebeur. Vanuit Kaapstad fokus ons na Kwa-Zulu Natal, vele lande in Afrika, die Midde Ooste, Indonesië, Indië, Nepal en Asië. Ons begeer om kerkplant bewegings te sien in plekke waar Jesus nog nie aanbid word nie.

Daar is drie liefdes wat ons definieer:

  • Ons is lief vir God

  • Ons is lief vir mekaar

  • En ons is lief vir die wat Jesus nog nie ken nie.

 

Om dissipels te maak wat weer ander dissipels maak is ons motto. Die gemeente bestaan uit ‘n netwerk van selgroepe wat as huisgemeentes versorgend funksioneer en as spanne uitreik na ander.

Die Woord van God bepaal ons lewe. Ons ontdek dit saam en help mekaar om daaraan gehoorsaam te wees. Die Heilige Gees is tussen ons. Ons is oop vir die Gees se werking in en deur ons. Ons is gewone mense wat God liefhet en saam dien.

Click hier vir meer info oor Logos.