As gevolg van die aangepaste regulasies is besprekings vir ons dienste op Sondae oggende nie meer nodig nie. Ons het oorgenoeg plek, so julle kan net kom! Almal moet steeds inteken op ‘n Sondag oggend, en temperatuur sal steeds geneem word. So kom bietjie vroeër om te help met hierdie proses. 

Ons Kinder- en Jeugbediening vind plaas in skoolkwartale, tydens ons diens. Daar is geen Kinder- en Jeugbediening tydens vakansies en langnaweke nie. Alle kinders wat die Kinder/Jeugbediening bywoon, sal ook soos gewoonlik op Sondae-oggende inteken. Voorskoolse kinders, kan inteken by Sterreliggieland, en alle skoolgaande kinders by die Tent (Funksielokaal)

Onthou asseblief om jou masker saam te bring. Ons kan nie wag om julle te sien nie!

Ons aanlyn dienste sal nie meer op Sondae-oggende beskikbaar wees nie. Dit word wel opgeneem, en sal later die week op al ons kanale beskikbaar wees. Jy kan dit hier kyk.

Ons hou aan bid vir jul veiligheid en gesondheid. Bly veilig! Mag die Heilige Gees elkeen van julle bemoedig met Sy teenwoordigheid en nabyheid.