Wat om te verwag op 'n Sondag:

Ons is ‘n gemaklike Kerk, met gewone mense – so jy kan gemaklik aantrek en gemaklik by ons wees. Ons is lief vir Jesus! Ons is ook lief vir kinders met ‘n aktiewe Kinderbediening

Ons kan nie wag om jou te ontmoet nie!​

Diens Tye:

Sondae, 09:30 – 11:00

Kontak ons Kantoor:

Telefoon: 021 919 3338
Faks: 021 919 8871
E-mail: admin@logos.org.za

Kantoor-ure:
Maandae – Donderdae:
08:30 – 16:30
(Skoolvakansies tot 13:00)
Vrydae:
08:30 – 13:00

Waar Is Ons?

3 Hebron St, Oak Glen, Bellville, 7530

Meer oor Logos:

Ons is ‘n Kerk wat lief is vir families. Familie is die belangrikste bousteen van ons samelewing, daarom is dit so belangrik dat families gesond is. Ons wil deel in die opbou van families. As jy nie ‘n familie het nie, wil ons graag jou familie wees. As jy ‘n familie het, wil ons jou familie graag deel hê van ons familie! 

Ons glo dat die Bybel God se Woord is, die waarheid is en wil ons lewens daarvolgens inrig. Die Woord is vir ons belangrik. Ons glo dat ons as Kerkfamilie saam moet fellowship, die lewe saam doen, mekaar moet ondersteun, en in mekaar se lewens moet inspreek . Ons glo in Jesus se dood en opstanding, dat deur Jesus, ons sondes vergewe is. Daarom gebruik ons nagmaal, juis om ons hieraan te herinner. Ons glo in die krag van gebed. Daarom wil ons graag ‘n Huis van Gebed wees.

Ons glo in die werking van Heilige Gees, dat Hy in en deur ons werk. Ons glo in die doop van ‘n gelowige.

Dis Logos in ‘n neute dop! Verder is ons net mense, vol foute… So moenie dink ons is perfek nie. Maar weet dat ons in alles God se wil soek, en dit wil gehoorsaam!

Kinderbediening:

Ons het ‘n aktiewe Kinder- en Jeugbediening vir Voorskool tot Gr. 12, wat in skoolkwartale plaasvind tydens die diens. Ons Voorskoolse kinders kan inteken by Sterreliggieland. Alle skoolgaande kinders kom eers in die diens bymekaar om saam te worship. Daarna verdaag hulle na die verskillende lokale. 

Daar is ongelukkig geen Kinderbediening tydens skoolvakansie en langnaweke nie. Die kinders is baie welkom om dan saam in die diens te wees. 

As jy nie seker waar om te gaan nie, vra gerus ‘n vriendelike gesig by ons voordeur om jou te help! Hier onder is ook ‘n kaart om te wys waar alles is. 

Lokale Vir Kinderbediening:

  • Voorskool tot Gr. 1: Sterreliggieland (nr. 17)
  • Gr. 1-3: Tent (nr. 9)
  • Gr. 4-5: Wingerd (nr. 14)
  • Gr. 6-7: Kampkamer 4 (nr. 8)
  • Gr. 8-9: Area tussen Eetsaal en kombuis (nr. 5)
  • Gr. 10-12: Lesingslokaal (nr. 4)

Bedieninge:

Ons het verskeie bedieninge in ons gemeente.

Navrae:

Het jy enige navrae? Ons wil graag van jou hoor!