‘n Sozo sessie is ‘n tyd wat ‘n span opgeleide Sozo fasiliteerders saam met jou deurbring terwyl jy met die hulp van Heilige Gees deur ‘n proses van vryheid en genesing werk. Sozo is nie ‘n beradingsessie nie. Dit is ‘n tyd wat jy interaksie het met Vader, Jesus en Heilige Gees om jou te help groei en om God se lewensdoel in jou lewe te verstaan.
‘n Sessie word gelei deur ‘n hooffasiliteerder en een of twee ander mense wat die hele tyd besig is om vir jou te bid. Jy kan kom met ‘n spesifieke versoek of die proses sy natuurlike gang laat gaan onder leiding van Heilige Gees. ‘n Sessie kan tot 2 ure duur.
Daar sal van tyd tot tyd ook opleiding, voorkomings- en verrykingsgeleenthede in verskillende areas van persoonlike groei en ontwikkeling aangebied word in die formaat van seminare, kursusse en fokusgroepe.
Indien jy vir ‘n Sozo sessie wil kom, vul asb die vorm in en ons sal jou kontak.
As jy ander berading benodig, kontak vir Dorothy by die Kerkkantoor: 021 919 3338