Sondae-Oggende:

Ons Kinder- en Jeugbediening vind plaas in skoolkwartale, tydens ons diens. Voorskoolse kinders kom by Sterreliggieland bymekaar. Ons Gr. 4-12 kinders is saam in die diens tot na Worship, waarna hulle na hul verskillende lokale verdaag. Die lokale is soos volg:

  • Voorskool: Sterreliggieland
  • Gr. 1-3: Tent
  • Gr. 4-5: Wingerd
  • Gr. 6-7: Kampkamer 4
  • Gr. 8-9: Area tussen Eetsaal en kombuis
  • Gr. 10-12: Lesingslokaal
 

Daar is ongelukkig geen Kinderbediening tydens skoolvakansie en langnaweke nie. Die kinders is baie welkom om dan saam in die diens te wees. 

Ons kan nie wag om julle te sien nie!

Ons is opgewonde om saam met jou as ouers en kinders meer te leer en ontdek van ons Vader se Liefde, Genade en Hoop!

Meer oor ons Kinder en Jeugbediening:

Ons Kinder en Jeugbediening is Sondae tydens ons dienste, 09:30-11:00.  Dit is oop vir ALLE kinders, vanuit die Logos Gemeente, maar natuurlik ook hul vriende en ook kinders in die wyer Kaapstad gemeenskap.

Jy kan die volgende verwag:

  • Ons wil in verhouding staan met kinders en mekaar
  • Om getuies te wees van God se Koninkryk
  • Dat kinders hul Identiteit in Christus sal verstaan
  • En so ‘n Lig vir die wereld kan wees
  • Binne elkeen se spesiale Goddelike roeping

Kinderbediening Registrasie:

Al die verskeie ouderdomsgroepe het Whatsapp Groups om op datum te bly van wat aangaan. Indien jou kind nog nie geregistreer is nie, mis julle uit!! Registreer hier om op datum te bly van wat aangaan in die Kinderbediening.

iConnect is ons Tiener-Koffiekroeg. Click hier vir meer info.