Ons is ‘n Kerk wat lief is vir families. Familie is die belangrikste bousteen van ons samelewing, daarom is dit so belangrik dat families gesond is. Ons wil deel in die opbou van families. As jy nie ‘n familie het nie, wil ons graag jou familie wees. As jy ‘n familie het, wil ons jou familie graag deel hê van ons geloofsfamilie! 

Ons glo dat die Bybel God se Woord is, die waarheid is en wil ons lewens daarvolgens inrig. Die Woord is vir ons belangrik. Ons glo dat ons as Kerkfamilie saam moet fellowship, die lewe saam doen, mekaar moet ondersteun, en in mekaar se lewens moet inspreek . Ons glo in Jesus se dood en opstanding, dat deur Jesus, ons sondes vergewe is. Daarom gebruik ons nagmaal, juis om ons hieraan te herinner. Ons glo in die krag van gebed. Daarom wil ons graag ‘n Huis van Gebed wees.

Ons glo in die werking van Heilige Gees en dat hy in en deur ons werk. Ons glo in die Gawes van die Heilige Gees, dat dit vir vandag ook is, tot opbou en bemoediging van die Gemeente. Ons glo in die doop van ‘n gelowige.

Dis Logos in ‘n neute dop! 

Verder is ons net mense, met foute… So moenie dink ons is perfek nie. Maar weet dat ons in alles wat ons doen en aanpak Vader se wil soek, en dit wil gehoorsaam! Dit sal ‘n vooreg wees om jou deel te hê van ons familie.