Message: “Die Ekologie Van Die Heilige Gees (Heb 4:1-14)” from Pieter Vermeulen

Pieter Vermeulen - 4th June 2023

Die Ekologie Van Die Heilige Gees (Heb 4:1-14)

Scripture References: Hebrews 4:1-14

From Series: "Hebreërs"

Inleiding tot Hebreërs, Ons is baie opgewonde oor die nuwe reeks wat handel oor die brief aan Hebreërs. Die boek verduidelik vir ons hoe Jesus die Ou Testament vervul en deel in detail met die belangrikheid van die Ou Testament. Jesus is beter en meer uitnemend as almal en oor almal. Die boek begin met hierdie stelling: “NADAT God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun”. Ons gaan vers vir vers deur die boek werk en die Heilige Gees vertrou om die belangrike temas aan ons te openbaar naamlik: Die rol van engele, Die priesterskap, Die rol van die hoërpriester, Die tempel en tabernakel, Die offersysteem, Die verbonde, Die Geloofshelde, Ons eie geloof, Die rol van die kerk en Israel. In die boek is daar vyf waarskuwings waarop ons moet ag slaan: 1. Om die verlossing van God verontagsaam (2:1-4) 2. Om nie in die genoegsaamheid van God te glo nie (3:7-4:13) 3. Om die Seun van God te diskrediteer (5:11-6:20) 4. Om die Gees van God te verwerp (10:26-39) 5. Om ongehoorsaam te wees aan die oproep van God (12:15-29)

PowerPoint

More From "Hebreërs"

Powered by Series Engine