Waldi Conradie - 21st February 2016

As Family We Go

Ons as gelowiges is die Familie van God op aarde. Dit maak ons broers en susters. Families ondersteun mekaar en bou mekaar op. Families het ook konflik, wat beteken dat daar ook vergifnis nodig is.

From Series: "Belong"

Een van die eerste goed wat ons in die die Bybel oor die mens lees is dat hy "alleen" was. God het dit gesien en gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie…..” Ons wil ook nie hê dat jy alleen moet wees en voel nie. Februarie fokus ons met die tema: “Belong” / “Behoort aan”. Voel jy alleen in Logos? Ons het God, mekaar en ander só nodig. Ek bid dat jy in hierdie kwartaal nuut, weer en dalk opnuut ‘deel’ gaan wees en word van hierdie geloofsgemeenskap. Ons gee om vir jou! Ons wil fokus op die wonderlike seën van ‘n vriendskap met die Heilige Gees. Ons gaan ook prakties by mekaar uitkom en sien wat die Woord daaroor sê. Ons gaan jou wys hoe om ‘n geestelike leier te wees tussen die mense met wie jy leef en werk.

As Family We Go - PowerPoint

More From "Belong"

Powered by Series Engine